Notas is deel van herinnerings, notas word nie altyd gedeel nie, notas is kort "reminders", notas word weggegooi maar dit wat daarop staan is geskryf om jou te herinner-nie te laat vergeet.
25 Julie.
Almal is weer tuis, klaar gekuier en rondgeloop.
Springbokke het gewen.
Wat doen jy as…..
Wat doen jy as…..
Jy verbitterd en teleurgesteld is en
jy nie weet waar die volgende maaltyd vandaan kom
terwyl vetgevrete lummuls nie hul skuld betaal ?
Jy sien hoe jou geliefdes seerkry en
jy weet jou leiding was verkeerd,
jy het in ‘n slagyster getrap ?
Vergewe ?
Wat doen jy as…..
Jy feite het om te laat veroordeel,
Jy kennis het wat kan verdoem
jy wraak wil neem ?
Die wêreld wag en
die gemeenskap vra vergelding
jy het die mag ?
Vergewe ?
No comments:
Post a Comment